28 Junie is die 179ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (180ste in ’n skrikkeljaar). Daar volg nog 186 dae in die res van die jaar.
Gebeure
Geboortes
- 1476 – Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) († 1559).
- 1490 – Albert van Mainz, Romeinse aartsbiskop († 1545).
- 1491 – Hendrik VIII, koning van Engeland († 1547).
- 1577 – Peter Paul Rubens, Vlaamse skilder († 1640).
- 1703 – John Wesley, Britse teoloog, stigter van Metodisme († 1791).
- 1712 – Jean-Jacques Rousseau, Switserse filosoof († 1778).
- 1787 – Sir Harry Smith, Britse goewerneur en hoë kommissaris aan die Kaapkolonie († 1860).
- 1807 – Anton Philipp Reclam, Duitse uitgewer († 1895).
- 1831 – Joseph Joachim, Oostenrykse violis († 1907).
- 1846 – Willem Eduard Bok, Transvaalse staatsekretaris, na wie Boksburg genoem is († 1904).
- 1867 – Luigi Pirandello, Italiaanse dramaturg en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde , 1934 († 1936).
- 1871 – Peter Rosenberg, Duits-Baltiese protestantse martelaar († 1919).
- 1883 – Pierre Laval, voormalige eerste minister van Frankryk († 1945).
- 1902 – Richard Rodgers, Amerikaanse komponis († 1979).
- 1906 – Paul-Émile Victor, Franse etnoloog en ontdekkingsreisiger († 1995).
- 1906 – Maria Goeppert-Mayer, Duits-gebore Amerikaanse teoretiese fisikus en Nobelpryswenner in Fisika († 1972).
- 1918 – Cyriel Paul Coupé, Belgiese priester, onderwyser, skrywer en digter († 1998).
- 1926 – Mel Brooks, Amerikaanse akteur, regisseur rolprentvervaardiger en skrywer.
- 1932 – Pat Morita, Amerikaanse akteur († 2005).
- 1942 – Chris Hani, vermoorde Suid-Afrikaanse kommunis († 1993).
- 1948 – Kathy Bates, Amerikaanse aktrise.
- 1952 – Elize Cawood, Suid-Afrikaanse aktrise († 2020).
- 1957 – Annelie Botes, Afrikaanse roman-, kortverhaal- en rubriekskrywer.
- 1964 – Sabrina Ferilli, Italiaanse aktrise.
- 1965 – Tiaan Strauss, Suid-Afrika se drie-en-veertigste Springbokkaptein.
- 1971 – Elon Musk, Suid-Afrikaans-gebore internet- en ruimtelanseringsentrepreneur tans in die VSA.
- 1979 – Florian Zeller, Franse romansier, dramaturg, draaiboekskrywer en filmregisseur.
- 1995 – Demi-Leigh Nel-Peters, Mej. Suid-Afrika en Mej. Heelal 2017.
- 2009 – Laurel Griggs, Amerikaanse kinderaktrise († 2019).
Sterftes
- 106 – Pous Kedron van Alexandrië vierde patriarg van die Kerk in Alexandrië (* ?)
- 767 – Pous Paulus I, die 93ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 700).
- 1570 – Fridolin Brunner, Switserse Protestantse pastoor en hervormer (* 1498).
- 1836 – James Madison, Amerikaanse politikus en staatsman, 4de President van die Verenigde State (* 1751).
- 1919 – William Philip Schreiner, Suid-Afrikaanse staatsman, advokaat en hoë kommissaris (* 1857).
- 1944 – Friedrich Dollmann, Duitse generaal (* 1882)
- 1965 – Red Nichols, Amerikaanse jazzkornetspeler en komponis (* 1905).
- 1974 – Frank Sutton, Amerikaanse akteur (* 1923).
- 1974 – Vannevar Bush, Amerikaanse ingenieur en wetenskapbestuurder (* 1890).
- 1980 – José Iturbi, Spaanse pianis en dirigent (* 1895).
- 1989 – Joris Ivens, Nederlandse regisseur, skrywer en rolprentvervaardiger (* 1898).
- 1997 – Anna Böeseken, kenner van die geskiedenis van die Nederlandse bewind aan die Kaap die Goeie Hoop en skryfster (* 1905).
- 2001 – Mortimer Adler, Amerikaanse filosoof (* 1902).
- 2001 – Jim Ellis, Amerikaanse rekenaarwetenskaplike (* 1956).
- 2010 – Robert Carlyle Byrd, Amerikaanse politikus (* 1917).
- 2014 – Russel Botman, rektor en visekanselier van die Universiteit van Stellenbosch (* 1953).
- 2014 – Meshach Taylor, Amerikaanse akteur (* 1947)
- 2020 – Dr. Pieter Willem Bingle, predikant van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (* 1939).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met 28 Junie. |